Opinion

Diensleweringstaking lei tot groot skade

Hierdie onwettige optrede kan nie langer geduld word nie.

Diegene wat by die diensleweringstaking in Randfontein betrokke is, besef nie die omvang van die skade wat hulle aanrig nie.

Die Rand West-munisipaliteit het reeds groot finansiële probleme wat duidelik in die twee dorpe sigbaar is. Die paaie is vol slaggate, die gras langs die paaie word selde gesny, baie straatligte is buite werking en staatsgeboue word nie onderhou nie.

Geweld wat gisteroggend vroeg uitgebreek het, het die polisie genoodsaak om die R28 tussen Randfontein en Westonaria te sluit omdat stakers motors met klippe bestook het. Die meer as 1 000 stakers het ook vragmotors en konstruksiemasjinerie aan die brand gesteek.

Dit is jammer dat stakers hul woede tot die polisiestasie in Mohlakeng gewend het en private voertuie asook polisiegeboue beskadig het. Selfs ‘n polisieman is in die proses beseer.

Die VF Plus is dankbaar dat die polisie in uiters gevaarlike omstandighede daarin geslaag het om 16 mense in hegtenis te neem en die situasie onder beheer te bring.

Hierdie onwettige optrede kan nie langer geduld word nie.

Related Articles

Back to top button