Opinion

Genoeg is mos genoeg!

Dit is net slaggate, sand in die paaie/ kruisings, geen padtekens en strepe, en gras wat hemelhoog groei

Genoeg is genoeg.

Wanneer gaan daar iets gedoen word in en om Randfontein?

Ek het al gevra hoekom die raadslede nie verantwoordelik kan wees vir die instandhouding van die wyke wat hulle verteenwoordig nie.

Dit is net slaggate (in Elizabethweg is meer as 200, wat wissel van 15cm tot 1m in deursnee en nagenoeg 20cm diep), sand in die paaie/ kruisings, geen padtekens en strepe, en gras wat hemelhoog groei.

Hoekom betaal ons erfbelasting as niks in stand gehou word nie?

Met die volgende verkiesing word die son, maan en sterre belowe, maar as die verkiesing verby is, word niks gedoen nie.

Dis tyd dat daar iets deur die raadslede gedoen word en hulle hul sitplekke op die raad verdien.

Related Articles

Back to top button