NewsSchools

Die Planetarium besoek Ram

Daar was onlangs 'n opgeblaasde koepel by Laerskool Randfontein. Meer besonderhede hier ...

Die Edudome Planetarium het Laerskool Randfontein van 20 tot 24 April besoek. Van die kleinste kleuterskoolmaatjie tot die grootste Graad 7-leerder het na die mobiele planetarium te gaan kyk.

Die skoolhoof, Leon Haupt, het die projek bestuur en dit as ‘n wonderlike geleentheid beskou om vir die leerders meer te leer oor die groot heelal buite ons wêreld.

Frans Labuschagne en Dumisani Pewula van Edudome het die leerders by elke vertoning verwelkom en vir hulle ‘n ouderdoms- en kurrikulumgeskikte program aangebied. Die kleinste maatjies het na sterre gekyk wat praat, terwyl die Graad 7’s meer geleer het oor Kepler en Copernicus.

Volgens Annie Nolan, skoolwoordvoerder het die leerders die ondervinding onder die opgeblaasde koepel baie geniet.

“Daar is gelê, gesit en foto’s geneem terwyl die mondjies letterlik oopgehang het van verbasing.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button