Local newsNews

Kaap-waterkrisis: Een oom se waterprojek

'n Bejaarde oom van Randfontein het eie inisiatief geneem en 'n waterprojek geloods vir die waterkrisis in die Kaap.

Gedink as jy naby 70 jaar oud is kan jy nie meer projekte aanpak nie? Wel, oom Oc van Zyl het sy waterprojek afgeskop …

Oc het net nederig by die Herald se kantoor opgedaag om ‘n self-geskryfde brief af te laai, maar toe die Herald dit lees en sien waaroor dit gaan, is daar besluit om sy storie te vertel.

Die 68-jarige Oc van Zyl, wat voel mense moet help waar hul kan.

Oc bly al vanaf 2004 in Randfontein en nadat hy by sy kerk gehoor het van inwoners wat inspring en help met waterinsameling het hy besluit om ‘n klomp mense te nader.

Die water is by His Place Church bymekaar gemaak waarna Nathalie Smart van Water for Paws (‘n organisasie wat water vir die diere in die droë Kaap voorsien) dit verder geneem het.

Oc wil spesifiek dankie sê vir een onderwyser van Hoërskool Riebeeckrand, Devon Tromp, wat die insameling saam met hom gereël het.

“Baie dankie vir die leerders wat so vinnig water versamel het. Ek waardeer dit baie,” het hy gesê.

Oc sê ook die projek is nog nie klaar nie – hulle gaan elke tweede week water insamel en laat aflaai.

Oc het afgesluit met dié leuse: “Ek glo in dade, nie woorde nie.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites

Roodepoort Record

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button