Local newsNews

Ou munte is steeds ‘n goeie belegging

President Paul Kruger het glo in 1898 vir Sammy Marks toegelaat om die staat se Munt te gebruik.

Willie du Bruyn , ‘n onafhanklike bemarker van ZAR-munte, het met die Herald gesels oor sy versameling en hoe ‘n goeie belegging munte werklik is.

Beleggers belê al hoe meer vir skaars SA-muntstukke omdat die wins daarop belastingvry is. “Bemarkers sien dat al hoe meer mense in die belegging belangstel,” het Willie gesê.

Willie het verduidelik hoeveel munte naastenby kos, en dat die bedrae enorm is. “‘n Skaars Suid-Afrikaanse muntstuk wat in 1898 gemunt is, is in 2010 verkoop vir ‘n volle R1,4 miljoen, nadat dit R50 000 in 1998 gekos het. Dié muntstuk is nou al nagenoeg R2,4 miljoen werd.

Willie du Bruyn het ‘n passie vir munte en is trots op sy versameling.

President Paul Kruger het glo in 1898 vir Sammy Marks toegelaat om die staat se Munt te gebruik. Hy het die geleentheid gebruik om 215 van dié unieke munt in goud te laat maak.

Die skaarsste SA-muntstuk is egter die Enkel 9. Die huidige waarde daarvan is nou ongeveer R120 miljoen. Die munt is in 2010 vir meer as R20 miljoen verkoop.

“Beleggers moes van toe af altyd versigtig wees en eers hulle huiswerk doen voordat hulle in skaars munte belê. Voornemende beleggers moet hulle nie laat mislei deur goedkoop muntstukke nie, want die aanloklike aanbod mag dalk net ‘n vervalste muntstuk wees,” het Willie gewaarsku.

Diegene wat meer oor munte te wete wil kom, of raad daaroor wil hê, kan vir Willie by 082 891 9449 skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button