Daar is op Vrydag 2, Februarie, soos belowe, by die Greenhills-begraafplaas met ‘n skoonmaakproses begin – danksy die hele gemeenskap se samewewrking.
Die Herald het op 18 Januarie berig dat ‘n paartjie van Randgate besluit het om iets omtrent die toestand van die Greenhills-begraafplaas te doen.
Vilaine van Greunen en Adrian Lerm tesame met Hope for the Future van Krugersdorp, inwoners, tuindienste en ander besighede het op 2 Februarie die skoonmaakveldtog ‘n realiteit gemaak. Privaat kontrakteurs van die munisipaliteit het ook ingespring.
Lees meer hier: ‘n Skande van ‘n begraafplaas ontbloot
Vilaine en Adrian is vol hoop dat meer inwoners op Saterdag, 3 Februarie van 8vm af sal kom help. Mense kan net opdaag en dadelik hand bysit.
Lees meer hieroor in die Herald se 9 Februarie-uitgawe.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!