Local newsNews

Jong CJ verloor sy stryd

Klein CJ, 7, wat aan 'n harttoestand gely het, is oorlede.

Christo (CJ) Kotze, 7, wat aan ‘n harttoestand gely het, is op Vrydag, 12 Januarie oorlede.

CJ se gesondheid het onlangs skielik verswak, tot op die punt waar sy ouers, Charlene en Jan Kotze, die hartverskeurende besluit moes neem om die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, af te skakel.

Les meer oor CJ hier: Boy, 6, fights for his life after collapsing

CJ het op 1 Januarie 2017 inmekaar gesak terwyl hy op ‘n glybaan gespeel het. Daarna is vasgestel dat CJ aan ‘n harttoestand ly. Nadat ‘n operasie op hom uitgevoer is, het CJ se toestand merkwaardige verbetering begin toon. Die Herald het ‘n hele aantal artikels oor CJ gepubliseer en was onder andere die dag by toe sy droom om op ‘n brandweerwa te ry, bewaarheid is. Hy is daardie dag danksy die Reach for a Dream-stigting en ander weldoeners behoorlik bederf en sy vordering was ongelooflik.

Op Vrydag, 19 Januarie is ‘n begrafnisdiens by die Randfontein AGS kerk vir hom gehou waarna hy in die Greenhills Begraafplaas ter ruste gelê is.

Lees die volledige berig oor sy begrafnis in die 26 Januarie-uitgawe van die Herald.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na northsider@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Roodepoort Record

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Related Articles

Back to top button