Local newsNews

Kommer oor vermiste pa en seun

Familie van Martin en Francois Dazel is rasend van bekommernis.

Martin Sylvester Dazel, 34, en sy seun, Francois, 12, word vermis.

Volgens die Pink Ladies-organisasie moes hulle ‘n bus in Durban haal Johannesburg toe, maar het nie Maandag, 8 Januarie by hul bestemming aangekom nie.

Hul familie het ook nog niks van hulle gehoor nie.

 

Francois Dazel. Foto ingestuur.

Martin het bruin oë en hare, weeg ongeveer 95kg en is 1,7 meter lank. Toe hy die laaste keer gesien is, het hy het ‘n maroen T-hemp, kamoefleer-kniebroek en plakkies aangehad maar het nog ‘n stel klere by hom gehad, naamlik ‘n silwer kortbroek, ‘n blou denim oopknoophemp met ‘n Jik-vlek links voor daarop, grys tekkies en ‘n groen hoed met die woorde ‘Shut up and Fish’ daarop.

Francois het ‘n T-hemp met blou, wit en rooi strepe asook ‘n blou kortbroek aangehad. Hy was kaalvoet.

Enigiemand met inligting oor die pa en seun word versoek om konstabel Ramahlalerwa van die Randfonteinse Polisie by 011 767 2350/ 54 of 082 412 5988 of die Pink Ladies-organisasie by 072 214 7439/ 083 378 4882/ 072 620 7704 te skakel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button