CrimeNews

Op heterdaad betrap!

EPR waarsku dat hekmotordiefstal aan't toeneem is.

Met die feestyd om die draai is hekmotordiefstal besig om toe te neem.

EPR Sekuriteit het Vrydag, 1 Desember omstreeks 6.45vm ‘n man gearresteer wat glo in besit van gesteelde hekmotoronderdele was.

Van die toerusting wat by die verdagte gekry is.

Nadat Skofleier Storbeck ‘n perseel in Porgessstraat verlaat het waar ‘n dief vroeër ‘n hekmotorbattery en -kragbron gesteel het, het hy ‘n ander persoon in Eerstestraat opgemerk wat besig was om aan ‘n hek te peuter.

“Die persoon het Storbeck opgemerk, probeer vlug en ‘n gedeelte van die hek se ratspoor laat val,” het Johan Krogh, Algemene Bestuurder van EPR gesê.

Storbeck het die vermeende dief agterna gesit en die hekmotoronderdele van die perseel in Porgesstraat asook breektoerusting by die verdagte gevind.

Hy is vir verdere ondersoek aan die polisie oorhandig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button