MunicipalNewsUpdate

Gratis kragmeters vir R’fontein!

Dorp se kragmeters word vervang! Kontrakteur sê die proses sal ongeveer drie jaar neem.

André Deysel, 49, is die kontrakteur van die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit wat tans besig is om inwoners se kragmeters gratis te vervang. André het jare se ondervinding en was baie bly toe die kontrak aan hom toegeken is.

André het gesê dit gaan ongeveer drie jaar neem om Randfontein en die omliggende areas se kragmeters te vervang. Een van die eerste versoeke was om die meters in die mynhuise in Westonaria te vervang.

Hy het verduidelik dat diegene wat nie ‘n kragmeter het nie, ‘n nuwe een sal kry. Ou kragmeters sal ook vervang word.

Lees ook: New electricity smart meters are legal – AfriForum

Bestaande kragmeters sal nagegaan word om seker te maak dit is in ‘n werkende toestand. Die munisipaliteit het die kragmeters met rooi seëls afgekeur en opdrag gegee dat dit vervang moet word.

In hierdie stadium werk André volgens die versoeke wat hy ontvang. “Mense is aanvanklik baie skepties en versigtig, maar ons moet naamplaatjies dra en onsself te alle tye kan identifiseer,” het hy gesê.

Dit neem André ongeveer 45 minute om ‘n kragmeter te vervang, en nagenoeg ‘n uur en ‘n half vir ‘n driefase-kragmeter.

Skakel vir André Deysel vir meer inligting, versoeke of navrae by 071 471 4016.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button