MunicipalNews

Lang lys om dorp reg te ruk

Meer as 200 Randfontein-inwoners het hul sê gesê oor dit wat hulle die meeste pla en wat gedoen moet word om die dorp reg te ruk. Lees die lys hier ...

Die Herald het die gemeenskap op die Facebook-blad I Lived in Randfontein and survived gevra wat hulle die meeste pla.

Meer as 200 inwoners het van hulle laat hoor. Hier is ‘n paar se kommentaar …

• Die munisipaliteit wat die pad gebou het in Kocksoord. Die pyp het gebars onder die pad. Ons het orals hulp gevra want dit beskadig die pad. Munisipaliteit het gesê dit gaan hulle meer kos om reg te maak.

• Die pad by Ram moet opgevul word. Die sloot is diep en mense het al hoeveel keer gevra en daar is nog niks daaraan gedoen nie.

• Die nuwe teerpaaie is baie mooi en dankie, maar kan hulle so gou moontlik die stopstrepe weer verf? Mense jaag net daar oor. Asook by Greenhills-sirkel, mense ry verkeerde kant om.

• Dis chaos hoe mense verkeerd ry in daardie sirkel.

• Die slaggate wat al jare in Willemweg in Uitbreiding 3 is.

• Dit is regtig waar nou tyd dat Palmlaan spoedhobbels kry. Daar is mense wat dink dat dit ‘n resiesbaan is!

• Brianstraat in Homelake. Jong seuns wat in straat bly dink dit is Kyalami.

• Greenhills-strate is vol massiewe slaggate

• Dankie vir stoptekens oorkant Spur, en by Sasol. Maar die hele pad kort strepe. Mense bly nie in hulle bane nie.

• Dis wonderlik om te sien hoe ons almal saamstaan om ons dorp te probeer regruk.

• Baie dankie vir die geestelike voeding by sekere stopstrate. Dankie vir die paaie wat al reggemaak is maar ongelukkig kan ek dit nie sê by die plotte by Ten Acres nie.

• ‘n Kroeg wat tot twee uur die oggend oop is. Dan word daar dronk in die hoofstaat op en af gejaag en dronk mense loop in die straat en raas.

• Kan regtig niks sien met die plante wat die mense om die boomstompe laat groei. Sukkel om oor die pad te kom.

• Kan die spoedhobbels in Raven ordentlik geverf word en borde opgesit word wat mense waarsku? Hoor heel dag en nag hoe slaan iemand die hobbels omdat dit nie ordentlik gemerk is nie.

• The resurfaced Homestead Avenue that is already lifting. Just past Ocean Basket towards stop sign. Water leak in front of 16 Convent Road for four months. I have sent numerous mails to council.

• I have already asked that the manager of roads do an inspection in Homestead as well as Ventersdorp Road.

• Ons polisie. Ek was daar om ‘n saak aan te gee en hulle was duidelik nie lus om my te help nie.

• Street lights in Franschoek Street, Culemborg Park that are not working and have been reported by homeowners and councillor.

• Ek wil weet waarvoor staan ‘stop’.

• Spoedhobbels – Daar is spesifikasies en sommiges is nie reg opgesit nie!

• We all know it’s not safe to stand under a tree in a lightning storm. I have a problem with the municipal trees that I asked the municipality to cut down half way. Reason being my home was hit three times by lightning in December last year.

• Sal bly wees as die treine wil ophou toeter druk snags en 5uur in die oggend. Dis net genoeg om ‘n mens se slaap te versteur en dan staan ons soggens moeg op.

• Dronk mense wat in die aande teen ‘n apteek se mure urineer en geraas maak. Hulle slaap ook daar.

• Ek sukkel al jare, toe my kinders in Laerskool Randfontein was, om ‘n verkeersirkel by hulle hekke te kry. Die mense stop nie by die stopstrate nie. Wag vir die dag wanneer ‘n kind raakgery word.

• Straatligte in Baileystraat wat al vir meer as ‘n jaar nie werk nie.

• Ons straat, Luiperdstraat, is vol gate en os soek ‘n spoedhobbel asb. Die mense jaag daar.

• The road from Uncle Harry’s passing the golf club and hospital … that could do with a new overlay of tar. It is very bumpy and has on-going potholes that are always being re-filled.

• Die dronk ouens, bedelaars, mense wat dvd’s en handsakke verkoop by ‘n winkel in Greenhills. Kan nie eers behoorlik uit jou kar klim nie soos wat jy oorval word.

• No street lights in Greenhills Avenue. From Kenneth Street until Owl Road. For two weeks now, lights on both sides of the road not working. Have reported it but nothing.

• Ek wat nou al jare sukkel om die Lotto te wen. Help asseblief!

• Uneducated workers.

• Can somebody please get the municipality to put names on our streets.

• Stopteken op hoek van Bailey en Botha. Groot slaggat op die hoek van Bailey en Botha wat draai baie bemoeilik. Straatname asb. En laaste maar nie die minste…. die vullishope langs die paaie en by die begraafplaas.

• Gesukkel elke maand om jou rekening by munisipaliteit te kry.

Die Herald het vir Kenny Mampondo, Hoof van die Verkeersafdeling telkemale probeer skakel maar hy was tot nou toe nie beskikbaar nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button