MunicipalNews

#MunisipaleMaandag: Jacques dra R’fontein se belange op nasionale vlak op die hart

Jacques Julius, 45, 'n inwoner van Toekomsrus wat op die Nasionale Raad van Provinsies dien, dra Randfontein se belange op die hart.

In hierdie week se #MunisipaleMaandag het die Herald vir Jacques Julius, 45, ‘n inwoner van Toekomsrus ontmoet. Hy dra die belange en kwessies van Randfontein op nasionale vlak op die hart.

Jacques woon sy lewe lank in Randfontein en vir die afgelope paar jaar in Toekomsrus. Hy is ‘n voormalige onderwyser maar dien sedert 2014 op die Nasionale Raad van Provinsies en verteenwoordig die DA. Hy het voorheen langer as 10 jaar as plaaslike raadslid gedien.

Jacques het vertel dat die parlement uit twee huise bestaan:

• Nasionale Vergadering

• Nasionale Raad van Provinsies

Die Nasionale Vergadering bestaan uit 400 verteenwoordigers wat uit die onderskeie politieke party aangewys is. Die Nasionale Raad van Provinsies bestaan uit 54 permanente lede, ses per provinsie. Jacques is een van dié permanente lede.

Vir Jacques is sy werk ‘n groot passie omdat hy ‘n passie vir mense het en ook omdat hy probleme en kwessies wil oplos.

“My werk maak dit vir my moontlik om my party op ‘n hoë vlak te verteenwoordig,” het Jacques gesê.

Hy kan dus aandag aan plaaslike kwessies gee omdat hy direkte toegang tot ministers, departemente en ander belanghebbendes het.

Watter mag het Jacques?

• Hy kan vra vir debatte

• Stuur weeklikse vrae in

• Vra vir besoeke deur komitees en provinsiale afvaardigings

Jacques is baie trots dat hy betrokke was by die proses om alle asbesklaskamers in die provinsie op te knap. Volgens Jacques het hy die probleem hoër op die agenda laat plaas.

Hy het ook onlangs petisies ingedien vir die polisiestasie in Kocksoord, omdat hy voel dat geweld tans baie hoog op dié kleinhoewes is. ‘n Ander groot projek waarby hy betrokke is, is die Droogeheuwel-watertoring wat hom baie na aan die hart lê. Jacques het ook al verskeie besoeke deur komitee- en provinsiale afvaardigings moontlik gemaak.

Sy doelwitte:

• Ekonomiese ontwikkeling aan die Wes-Rand

• Verbetering van onderwys aan die Wes-Rand

• Nywerheidsontwikkeling aan die Wes-Rand

• Om die Wes-Rand meer prominent te maak

Hoewel sy werk hom onder baie druk plaas en hy dikwels weg van die huis is, is hy ‘n gesinsmens en sy familie is vir hom baie kosbaar .

“Eintlik is ek maar doodgewoon en plat op die aarde,” het Jacques gesê.

Volgens hom werk hy baie hard, maar is passievol oor sy werk en sy gemeenskap. Hy glo dat hy binne twee jaar ‘n groot verskil op nasionale vlak sal maak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button