CrimeNews

Kommer oor jong voetgangers wat tegnologie gebruik

Sektor 4 GPF bekommerd oor die veiligheid van die jeug, veral dié wat moet stap.

Die lede van die Sektor 4 GPF het hul kommer uitgespreek oor die veiligheid van die jeug, veral kinders wat skool toe en terug huis toe moet stap.

Volgens die GPF word daar al hoe meer gevalle aangemeld waar jong persone van hul besittings beroof word.

“Leerders word van hul slimfone en ander elektroniese toestelle beroof,” het Gerhard Labuschange gesê.

Die sektor is ook baie bekommerd omdat jong persone gereeld deur voertuie raakgery word.

Die lede gee die volgende riglyne vir jong persone wat gereeld moet stap:

• Moet nie jou slimfoon gebruik as jy stap nie

• Moet nie oorfone in jou ore hou nie

• Probeer om in ‘n groep te stap en nie alleen nie

Volgens Gerhard moet leerders bewus wees van dit wat om hulle gebeur. Hulle behoort ook hul roetes af te wissel en hulle ouers te alle tye op hoogte van hul doen en late te hou.

Die GPF se raad aan dié wat op straat oorval word is om hul besittings te oorhandig en hulle nie teë te sit nie.

Indien iets gebeur moet leerders die volgende onthou:

• Let op na die aanvaller se klere sodat ‘n beskrywing later daarvan gegee kan word

• Indien die aanvaller ‘n voertuig gebruik, let op kenmerke daarvan sodat ‘n beskrywing later daarvan gegee kan word

• Maak ‘n groot geraas

Jong mense word sterk aangeraai om nie geselsies met vreemde persone aan te knoop nie en in ‘n noodgeval so gou as moontlik die nodige hulp te kry deur die plaaslike polisie te kontak by 08600 10111.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button