Local sportSport

Gimnas maak sy terugkeer na 10 jaar

'n Inwoner van Greenhills wat as jongeling in gimnastiek presteer het, keer na 10 jaar terug na sy geliefde sport.

Renier Koen keer na tien jaar terug na die sport waarvoor hy die liefste is – gimnastiek.

Renier, 29, het op sewejarige ouderdom met gimnastiek en tuimel begin. In sy skoolloopbaan was hy verskeie maal in die kollig vir sy wĂªreldklas prestasies. Hy het vir meer as 12 jaar sy passie daagliks by die Impala Gimnastiekklub in Krugersdorp uitgeleef.

‘n Koerant uitknipsel van Renier se prestasie.

Die grootste prestasies in sy loopbaan was toe hy by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vyf maal as wenner in sy ouderdomgroep vir tuimel aangewys is. Hy het ook tydens dieselfde kampioenskappe vier maal die wennerstrofee in gimnastiek huis toe geneem.

In 2007 het Renier vir die Quebec Kanada WĂªreldkampioenskappe vir tuimel geoefen toe hy ‘n baie ernstige voetbesering opgedoen het. “Ek het alles in my voet geskeur en moes my droom prysgee,” het Renier gesĂª.

Na tien jaar het hy besluit om sy vrees te oorkom en weer gimnastiek te begin beoefen omdat hy glo dat veral tuimel in sy bloed is. Hy glo dat as mens eenmaal ‘n gimnas was, jy altyd een sal wees.

Renier as jong seun.

Vir tuimel, wat ook vloergimnastiek genoem word, word geen rekwisiete of toerusting gebruik nie. Die gimnas doen verskeie spronge, handstande, wawiele en bollemakiesies oor die hele oppervlakte van die mat. Balans, ritme en harmonie is uiters belangrik.

‘n Koerantuitknipsel van Renier in Mei 1999.

Renier het vertel dat hy beoog om vir die Tuimel-wĂªreldkampioenskappe wat in 2019 plaasvind, te kwalifiseer. Hy wil graag oud en jonk inspireer om nooit hul drome prys te gee nie.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button