Local newsNews

Landbou: Opbrengs van Lund Afslaers-veiling nagenoeg R4m

Onlangse veiling by Lund Afslaers het sowat R3,5 miljoen behaal.

Dit blyk dat veeboere bereid is om stewige bedrae vir die regte vee op te dok.

Ten spyte van die droogte en moeilike ekonomiese omstandighede was die pryse wat tydens Lund Afslaers se onlangse veiling behaal is, besonder goed.

DiĂ© afslaer hou elke Woensdag ‘n veiling waartydens groot- en kleinvee opgeveil word. Telers, kopers en verkopers van reg oor Suid-Afrika woon dit by. Die afslaer het ongeveer 7 000 kopers en verkopers op hulle databasis en sowat 400 mense woon elke week se veiling by.

Varke was volop beskikbaar.

Die eienaar van die afslaersonderneming, Rudie Lund, is al 17 jaar lank in die bedryf en het ‘n groot passie vir groot- en kleinvee.

Volgens Rudie is die hoofdoel van die veilings om kopers en verkopers bymekaar te bring en om die hoogste moontlike pryse vir die vee te kry. Daarom doen boere vooraf baie moeite om hul diere in die beste moontlike kondisie te kry.

Die afslaer in aksie.

Ongeveer 800 stuks vee, waaronder varke, beeste, hoenders, skape en bokke, word per week opgeveil en daar word altyd in die vraag voorsien. Diere wat opgeveil word, sluit varke, beeste, hoenders, skape en bokke in.

Hoe baat boere in die omgewing met ‘n veiling?

Vir die boere van Randfontein is dit ‘n goeie geleentheid om top gehalte vee te verkoop en ook aan te koop. Hulle maak kennis met boere van reg oor Suid-Afrika, leer die boere in die omgewing ken, en ruil kennis en idees uit, het Rudie gesĂª. Dit is ‘n goeie geleentheid vir boere om hul diere en hul ondernemings te bemark.

Die swak ekonomie speel ‘n groot rol by veilings. Boere sal eerder die goedkoper vleis koop wanneer die ekonomie nie so sterk is nie. Die droogte het ook ‘n groot invloed omdat baie diere in droogtetye geslag moet word of vrek.

In Randfontein is Bonsmaras die gewildste beesras by veilings en word beskou as een van die gesondste beesrasse in die omgewing.

Rudie het aan die Herald vertel dat die 19 Julie-veiling suksesvol was. Die omset was R3,5 miljoen.

Die grootste en duurste vee wat dié dag verkoop is:

Die grootste vark was 321kg en het R6 200 behaal. Die grootste beesbul het 1 300kg geweeg en is verkoop vir R45 000. Die grootse lam was 48kg en het R2 700 behaal.

Vet bulle het die dag vir R33/ kg verkoop, en maer koeie het vir R24/ kg op die hoef verkoop. Kalwers was R40/ kg en lammers is vir R50/ kg verkoop.

Volgens Rudie is veepryse tans baie hoog weens die onlangse droogte.

Hoe werk ‘n veiling?

• Die dier word ingebring na die krale.

• Die dier word namens die boer aan ‘n koper verkoop.

• Die boer ontvang sy verkoopprys.

Wat dra by tot ‘n suksesvolle veiling?

Volgens Rudie kan ‘n veiling nie suksesvol wees as swakgehalte-vee aangebied word nie. Vee moet dus in ‘n goeie kondisie en gesond wees. Kopers wil inligting hĂª oor rekordhouding, ’n familiegeskiedenis en voorspelbaarheid. Telers wat daarvoor bekend is dat hulle puik naverkopediens en bystand bied, behaal top pryse.

Die krale was vol beeste.

Rudie se grootste droom is om vir nog 20 jaar die onderneming te bestuur en suksesvol te bly. Hy glo dat sy kinders dit eendag by hom sal oorneem en net so suksesvol sal wees.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button