Local newsNews

Woorde van geloof om elke hoek en draai in R’fontein

Woorde van geloof en selfs Bybelversiesis op byna elke lamppaal en stopteken in Randfontein te sien. Hoekom, bly 'n raaisel.

Woorde van geloof, selfs Bybelversies, is op byna elke lamppaal en stopteken in Randfontein te sien.

Wie presies hierdie woorde en verse skryf en versprei bly ‘n raaisel, maar die hele dorp is in rep en roer daaroor.

Boodskappe soos ‘Jesus lewe’ en ‘Die Here is getrou’ is maar net twee van die vele boodskappe wat reg oor die dorp sigbaar is. Vir meeste inwoners is die boodskappe ‘n inspirasie en wil hulle ander nou aanmoedig om ook dieselfde te doen.

Mariska Reyneke by nog ‘n boodskap in Randgate.

Plaaslike inwoner, Mariska Reyneke het die Herald genader oor die boodskappe.

“Ek is so bly dat mense besef het dat ons God nodig het,” het Mariska gesĂª.

Mariska het ook bygevoeg dat sy hoop die boodskappe kan een persoon se lewe verander. Die boodskappe se doel is onbekend maar Mariska glo dat dit ‘n teken is dat die gemeenskap moet begin bid vir ongelukke, armoede, siektes, hartseer harte en alles wat negatief is, nie net in Randfontein nie, maar ook oor die hele Suid-Afrika.

“Ek wens die boodskappe kan versprei word laat dit reg oor die wĂªreld gesien kan word.”

Van die terugvoer op sosiale media is as volg:

“My gunsteling is ‘Geloof sonder dade is dood’,” het Sherril Sevenster gesĂª.

“Het my slegte dag baie beter gemaak,” sĂª Amelia Herbst-Smit.

“Aanhouers in Jesus wen altyd,” het Poppie Pottas gesĂª.

“So min mense lees die Bybel en dit is inderdaad ‘n goeie poging om mense bewus te maak van die waarhede in die Bybel,” het Julia Beukes gesĂª.

Het jy dalk meer inligting rakende diĂ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button