Local newsNews

#WatIsDit: Ontmoet die man wat motoriste laat lag

MOET-SIEN: Al ooit gewonder wat die persoon doen of is wat elke oggend met vreemde bewegings 'n glimlag op motoriste se gesigte sit?

Al ooit gewonder wie die persoon is wat elke oggend met vreemde bewegings ‘n glimlag op motoriste se gesigte sit?

Eddie Sekgoka is al sedert 2010 elke oggend met sonsopkoms op sy pos. Hy staan in Noordweg in Greenhills waar hy motoriste groet, vir hulle dans en vermaak.

Eddie, 66, is afkomstig van Limpopo. Hy is elke oggend klokslag in daardie omgewing of in Homelake op sy pos. Sy werk as sekuriteitswag is om leë komplekse op te pas, en hy het besluit om die beste van ‘n vervelige werk te maak.

“Ek doen oefeninge om jonk te bly, ek reguleer die verkeer en ek vermaak sommer die motoriste met my bewegings,” het Eddie gesê.

Die mense wat vir Eddie ken en elke dag groet, sal weet dat niks hom onderkry nie. Eddie het aan die Herald vertel dat sy grootste droom is om sy dogter en seun by hul onderskeie universiteite te sien graadvang.

Eddie het trots vertel dat sy dogter Verpleegkunde studeer en dat sy seun binnekort sy graad in Maatskaplike Werk sal ontvang.

Toe die Herald vir Eddie gevra het hoe lank hy nog op sy pos gaan wees, het hy geantwoord totdat hy na ‘n nuwe kompleks oorgeplaas word. Hy het laggend vertel dat hy daar ook sy daaglikse roetine sal voortsit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button