Opinion

Die invloed van onafhanklikheid op ontwikkeling

Die intimiteit van liefdevolle verhoudings met die ouers, familie en die kind se portuurgroep, speel ‘n belangrike rol in gesonde sosiale en emosionele ontwikkeling.

Maria Montessori, die baanbreker van die Montessori-benadering tot onderrig het gesê, “Never help a child with a task at which he feels he can succeed”.

Dit is ‘n basiese stelling wat gemik op die bevordering van onafhanklikheid by kinderontwikkeling. Dit is welbekend dat hierdie aspek van ontwikkeling deel is van die fondasie waarop leer gebou is. Onafhanklikheid ondersteun leer aangesien dit nuuskierigheid aanwakker wat daartoe lei dat die kind wil ondersoek en eksperimenteer.

‘n Kind kry betekenis uit iets as die ervaring daarvan waardevol wees. ‘n Kind maak sin van die wêreld deur sensoriese insette van die omgewing en deur hul persepsies van die lewe, en daarom is outentieke ervarings so belangrik. Dit vorm die manier waarop kinders konsepte verstaan en skep ‘n fondasie waarop begrip gebou word. Vir dié tipe diep leer om plaas te vind, is onafhanklike ervarings noodsaaklik, maar in watter mate moet ons onafhanklikheid toelaat en wanneer beperk te veel onafhanklikheid die ontwikkeling?

In dieselfde mate waarin ‘n kind geleenthede vir onafhanklikheid moet kry, is kwaliteittyd, aandag, interaksie en ondersteuning nodig om ‘n balans te skep vir gesonde algehele ontwikkeling. Die intimiteit van liefdevolle verhoudings met die ouers, familie en die kind se portuurgroep, speel ‘n belangrike rol in gesonde sosiale en emosionele ontwikkeling.

Sodra kinders vertroue in hul eie vermoëns het en weet dat hulle die nodige ondersteuning van die hoofrolspelers in hul lewens het, sal betekenisvolle leer plaasvind. ‘n Positiewe selfbeeld en ‘n gesonde vlak van selfvertroue word hoofsaaklik bepaal deur ‘n balans tussen onafhanklikheid en oueringryping.

• Navrae: Kontak gerus vir Shané van Tonder by 076 611 1131 of info@livinglinks.co.za of 076 611 1131.

Related Articles

Back to top button