Opinion

As ons maar net geld gehad het …

Die blydskap van die jongbloede, in hul peuterdae was oorweldigend en vreugdevol en is met dankbaarheid ontvang.

Die kind laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of dit suiwer en of dit reg is.

Hulle toon oplettenheid en aggewing. Orals kwetter en sing die kleuters blymoedig terwyl volwassenes, van kwaad verwronge die wêreld aan flarde skeur. Little Feet Kleuterskool in Arriestraat, onder bestuurskap van my skoonsuster; Linda Dickson en haar twee nimlike dogters, Christelle en Luzanne Dickson, was met vreugde oorstelp deur die ontvangs van skoene en frokkies vir die kleuters tydens swaar ekonomiese toestande.

Die blydskap van die jongbloede, in hul peuterdae was oorweldigend en vreugdevol en is met dankbaarheid ontvang. Die goedhartige en besorgde gemeenskapsinstansies Wawa, met behulp van Maatskaplike Ontwikkeling, was vir die skenkings verantwoordelik.

Die peuteraars sing selfs die nasionale volkslied: Nkosi Sikelel’ iAfrika, luider as die Bokke, en ken die universele gebed, Die Onse Vader, beter as opgewassenes.

“Oefen die seun volgens die eis van sy weg dan sal hy ook as hy oud geword het daarvan nie afwyk nie.” Die aanhalings van Salomo het duidelik teen die mure van ons laerskool se kuns- en musiekonderwyser, Boy Cappy Isaacs gepronk.

Wat ‘n onafwyklike onderrig! Linda, ‘n diepgelowige vrou, se gebede is na vele uitroepe verhoor. Haar onderneming groei met rasse skrede van krag tot krag. Linda en haar dogters is sorgouers van die vreemde kinders in die afwesigheid van hul werkende ouers (te eniger tyd). Die opmerking deur my lieflingkleinkind het my verbyster: “As ons maar net geld gehad het, sou ons hulle almal aangeneem het …”

• Aanhalings: Spreuke 20:11 en 22:6.

Related Articles

Back to top button