School sportSport

Jonges maak hul merk by mini-sportdag

Kleintjies wys hul staal en talent tydens Laerskool Rapportryer se mini-sportdag.

Die Springbok-span is reeds aangekondig maar tydens Laerskool Rapportryer se mini-sportdag kan jy sweer daar is nog plek in die span.

Elke jaar hou die skool ‘n welpie- en mini-netbaldag en vanjaar s’n was op 20 Mei.

Die hoofdoel is om jong spelertjies aan die betrokke sporte bloot te stel.

Nege skole van regoor die Rand en altesaam 800 spelers het aan die sportdag deelgeneem.

Die hoofdoel is om jong spelertjies aan die betrokke sporte bloot te stel. Vaardighede word ontwikkel en omdat dit nie gaan oor wen of verloor nie kry elke speler ‘n sertifikaat vir hul deelname.

Die hoofdoel is om jong spelertjies aan die betrokke sporte bloot te stel.

Rappies bedank graag al die betrokke afrigters, skeidsregters, spelers en ouers vir hul positiewe ondersteuning.

Die skool sien daarna uit om volgende jaar weer die geleentheid aan te bied.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button