NewsSchools

Riebeeck en Graad 7’s hou karnaval!

Tydens die inligtingsessie was daar ‘n Foam & Lazer-partytjie vir die Graad 7-leerders in die skool se vierkant.

Hoërskool Riebeeckrand het Woensdag, 10 Mei, hulle jaarlikse opedag gehou met die tema Karnaval.

Die Graad 7-leerders is vermaak met ‘n meganiese swaai, handdoek-vlugbal en ‘n toer deur die skool. “Die pret het nie daar opgehou nie. Die leerders het elkeen vir middagete aan ‘n heerlike pizza gesmul en hul honger mae met ‘n glimlag gevul. Vir die soettande was daar draairoomys vir nagereg,” het Elzeri Wright, Riebeeck se woordvoerder.

Die leerders se ouers het dié dag die inligtingsaand in die skoolsaal bygewoon waar hulle al die nodige inligting ontvang het en deur die skool se talent beïndruk is. Die terugvoering was baie positief.

Tydens die inligtingsessie was daar ‘n Foam & Lazer-partytjie vir die Graad 7-leerders in die skool se vierkant, waar hulle met warm sjokoladedrankies bederf is en hulself gate uit kon geniet by hulle eerste Riebeeckrand-partytjie.

Annelize van den Berg, die hoof, was baie beïndruk met die groot opkoms en die oulike groep Graad 7’s wat die skool besoek het. Sy glo dat hulle beslis, soos in die verlede, ‘n groot aantal inskrywings vir Graad 8 sal kry. Annelize sien baie daarna uit om hierdie besonderse groep Graad 7’s volgende jaar by Riebeeckrand te verwelkom.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button