Opinion

Ons karwagte doen darem iets

Ons staan nie net by 'n verkeerslig met 'n bordjie en dan gaan drink ons die geld uit nie.

Ek dink dit is baie swak dat daar gevra is dat karwagte een dag oor ‘n naweek by die Greenhills Sportstadion tydens ‘n Country Show karre moes oppas maar teleurgesteld en met niks huis toe moes gaan. Die mense moes betaal om die vertoning te sien.

Ons het gedink ons sal darem kon kos koop, maar ons arm mense het maar weer honger gaan slaap. Ons karwagte doen ‘n eerlike werk om net iets te kry vir ons gesin terwyl ons sukkel om ander werk te kry.

Ons doen iets. Ons staan nie net by ‘n verkeerslig met ‘n bordjie wat lees: ‘Help, het vrou en kinders’ en gaan drink dan (soos baie van die mense met die bordjies) 10 teen een ook nog die geld uit nie.

Ek het ‘n gesin en wil ook maar net eet.

Related Articles

Back to top button