Opinion

Jy is ‘n joernalis duisend

Nou kan ons weer leef sonder die reuk en die bekommernis dat die kinders gaan siek word.

• Werner en Naomi de Beer skryf:

Goeie middag. Ons wil graag ons dank betuig aan Roxy (de Villiers).

Vir maande het ons gesukkel om reaksie uit die munisipaliteit en ‘n raadslid te kry sodat die raad die huis langs ons perseel, waar ons ‘n dagsorg het, se drein kon oopmaak.

Roxy was een Vrydag hier om die hele storie te kom beloer en voilà, kort daarna, so op ‘n vakansiedag ook nog, het die munisipaliteit die drein kom ontblok.

Baie dankie, Roxy.

Nou kan ons weer leef sonder die reuk en die bekommernis dat die kinders gaan siek word.

Nou wag ons en die sekuriteitswagte in spanning om te sien waneer hulle die gras gaan kom sny.

Weereens ons opregte dank. Jy is ‘n joernalis duisend.

Related Articles

Back to top button