Local newsNews

Wat om te doen as … jy ‘n kakkerlak sien

Die Herald het by Hennie van Eck van Pest Control gaan raad vra oor peste en plae, onder andere kakkerlakke, wat gereeld in die winter voorkom.

In die volgende aflewering van die Wat om te doen as …-reeks, het die Herald by Hennie van Eck van Pest Control gaan raad vra oor plae, onder andere kakkerlakke, wat gereeld in die winter voorkom.

Hennie, die takbestuurder, het verduidelik dat kakkerlakke, rotte en muise die peste en plae is wat die meeste probleme gedurende die wintermaande veroorsaak. Kakkerlakke, waaroor baie mense aan die Wes-Rand kla, versorg hulself glo baie goed deur hulself altyd skoon te hou.

Sien video hier:

”Die siening dat jou huis baie onhigiënies is as daar kakkerlakke in jou huis is, is net half waar,” het Hennie gesê. “Kakkerlakke gaan orals waar daar water, kos en skuiling is. In ‘n huis waar die skottelgoed baie keer in die wasbak bly staan, veral in die nag, is die kans groot dat jy ‘n kakkerlak gaan sien.”

Hennie se oplossing is dat mense hul skottelgoed, veral borde, moet was en dadelik kos optel wat op die vloer geval het. Hou ook alle oppervlakke droog. Rotte en muise is ook gek daarna om in die winter in die huis te wees aangesien hulle by verwarmers kan skuil en gereeld aan die honde se kos kan knibbel.

As jy moedeloos raak oor die rotte, muise of kakkerlakke in jou huis, skakel gerus 011 412 2934 (Wes-Rand) of 011 433 1810 (Johannesburg-tak).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button