CrimeNews

Vyf jongmense aangekeer na diefstal

Vyf jongmense is onlangs in Greenhils deur EPR-sekuriteit aangekeer nadat hulle met 'n gesteelde sleepwa betrap is.

Vyf jong mense kan moontlik ‘n saak van diefstal in die gesig staar nadat hulle onlangs deur EPR-sekuriteit aangekeer is. Daar was ‘n vermoedelik gesteelde sleepwa in hulle besit.

Die sekuriteitsmaatskappy het gesê hulle het omstreeks 1.30nm op Dinsdag, 18 April ‘n panieksein vanaf ‘n kliënt in Tierstraat, Greenhills ontvang.

Lees ook: Twee vas vir diefstal van sinkplate

‘n Ooggetuie het daar aan ‘n reaksieoffisier verduidelik hoe vyf persone – drie mans en twee vroue – ‘n hek by ‘n buurman oorkant die straat oopforseer het en ‘n motorfietssleepwa met goedere daarop uitgestoot het.

Die reaksieoffisier het toe om bystand gevra en in Tierstraat opgery waar hy gesien het hoe die persone die sleepwa by ‘n ander perseel instoot.

Nadat Nico de Bruyn, EPR-skofleier daar aangekom het, het hulle die verdagtes en sleepwa terug na die toneel geneem waar die kliënt hulle positief kon identifiseer.

Lees ook: Two men busted with stolen car

Daarna het EPR die eienaar van die sleepwa gekontak, wat bevestig het dat die sleepwa inderdaad hul eiendom is. Die beampte het ook opgemerk dat die hek se slotmeganisme afgesaag is.

EPR het die vyf gearresteer en aan die Randfontein-polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Daar word vermoed dat die verdagtes verbind kan word met hekmotordiefstalle en inbrake by verskeie wonings in Randfontein.

Johan Krogh, EPR se algemene bestuurder het gesê, “Ons is trots op die goeie samewerking tussen die publiek en EPR”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button