MunicipalNews

Help! Daar’s ‘n rioolfontein voor my huis!

"My man probeer die toiletpapier wat in die riool is, weghark, maar dit is 'n onbegonne taak." – Anna Heyneke

‘n Inwoner van Sugarbirdstraat, Jan Heyneke, 67, is raadop omdat hy nou al vir 30 jaar ‘n probleem het met riool wat kort-kort net buite sy erf uit ‘n verstopte drein borrel.

Heyneke het vertel dat dit Dinsdag, 18 April weer gebeur het. “Die probleem het al in 1986 begin. Die pype is foutief gelê en al die riool loop na een pyp toe wat veroorsaak dat die drein reg voor my erf verstop raak,” het hy gesê. Riool spoel kort-kort oor sy grasperk en die reuk is afskuwelik.

Die riool en toiletpapier ontsier die sypaadjie voor Jan en Anna Heyneke se huis.

Dié probleem veroorsaak dat hy en sy vrou, Anna, 62, nie kan stort of bad nie omdat die riool so ver in hul pype opstoot. “Soms kan ons nie eers die kombuisdeur ooplos nie want die reuk is verskriklik. My man probeer die toiletpapier wat in die riool is, weghark, maar dis ‘n onbegonne taak.”

Heyneke het al sy eie toerusting gemaak om die riool weg te hark. Hy het die probleem al telkemale aangemeld, maar tot vandag toe is dit nog nie opgelos nie. “Hulle stop hier, arrogant, en sal dan net die drein skoonmaak, een of ander lap daarin sit en dan weer ry,” het hy moedeloos vertel.

Jan en Anna Heyneke is moeg vir die gesloer om die rioolprobleem voor hul huis reg te stel.

As dit reën, vererger die probleem omdat die rioolwater deur sy erf spoel. “Die fout lê nie by my nie. Dit is die munisipaliteit se verantwoordelikheid om hierdie tipe probleme, veral dié wat al jare lank voorkom, vir eens en vir altyd reg te stel,” het Heyneke gesê.

Kyk video hier :

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button