Local newsNews

Ma, Mev GRAND-finalis en prokureur help kinders met outisme

'n Mev GRAND Suid-Afrika finalis, prokureur en besigheidseienaar help kinders met outisme.

Familieregprokureur en besigheidseienaar Rosa van Niekerk, wat boonop ‘n Mev GRAND Suid-Afrika-finalis is, het op Donderdag, 13 April ‘n pretdag vir kinders met outisme by die Mountain View Estate in Westonaria aangebied. Die kinders is van Rotara-skool in Carletonville.

Rosa praktiseer in Westonaria en is ook die eienaar van Worthy Women Make-Up. Familie en kinders lê haar na aan die hart, daarom het sy besluit om terselfdertyd ‘n fondsinsamelingsprojek te hou en die opbrengs tussen 12 leerders van die skool asook die Reinhardt Drewel-projek – die amptelike projek wat Mev GRAND Suid-Afrika ondersteun – te verdeel.

Rosa van Niekerk, finalis vir die Mrs GRAND South Africa 2017.

Outisme is ’n komplekse ontwikkelingsversteuring as gevolg van ’n neurologiese afwyking wat ’n effek op breinfunksie het. Dit beïnvloed die persoon se ontwikkeling van kommunikasievaardighede en sosiale interaksie. Wêreldwyd word ongegveer een uit 55 kinders daarmee gediagnoseer.

Volgens Rosa het sy besluit om Rotara se leerders vir ‘n dag te nooi sodat hulle kon perdry, op springkastele spring, pryse kry en lekker worsbroodjies, kolwyntjies asook koeldranke kon geniet. Die kinders kon selfs in ‘n ER24-ambulans ry. Lloyd Zuma en Rufus Kabayi van ER24 in Florida het oor veiligheid gepraat en het ‘n ogie oor die kinders gehou.

Rosa het gesê dat omdat sy ‘n groot liefde vir perde het, mal is oor perdry en self vyf perde het, wou sy hê die leerders moet dit ook geniet.

Die Mapogo Sekuriteitsperoneel het die geleentheid baie geniet.

Johnny Nkhokho, wat al jare lank na Rosa se perde omsien en ook die eienaar van El Shaddai Stalle is, neem elke week die Rotara-leerders om perd te ry. Die meeste van die 12 leerders van Rotara is outisties. Sandra Wium, arbeidsterapeut van die skool het gesê dat perdry die leerders baie met kommunikasie help aangesien dit ‘n probleem by mense met outisme is.

“Een van ons leerders wat andersins glad nie praat nie, gesels met die perde. Perdry is uitstekend vir outismelyers,” het sy gesê.

Sandra het bygevoeg dat die leerders almal graag aan ‘n perdrykompetisie wil deelneem, maar om dit te kan doen moet hulle almal dieselfde hemde dra. Ongelukkig kan die ouers dit nie bekostig nie, en dit is waar Mapogo Sekuriteit ingespring en 12 hemde geskenk het. Daar was ook vele ander borge wat hulp verleen het, onder andere Pick n Pay Westonaria, Confidence Hair, The Nail Gallery, Worthy Women Make-Up, Stasie Slaghuis, Libanon Ontspanningsklub, M&M Jumping Castles, Delmas Slaghuis, Jane en Divan wat stoele verskaf het en die PPK in Westonaria.

Anré Maré, was daar om sy twee boeties van Rotara te ondersteun.

Al het die weer nie saamgespeel nie, het die leerders, gaste en borge die dag baie geniet.

Rosa sal op 15 Junie in Roodepoort deelneem aan die Mev GRAND Suid-Afrika 2017-skoonheidskompetisie. Om vir haar te stem, sms ‘Rosa’ na 35554. Haar Facebook-blad is Mrs Grand South Africa

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

 

Related Articles

Back to top button