Local newsNews

Nasionale Takkie Tax-dag is om die draai!

Kies jou plakker, tooi jou takkies op met ‘n paar prettige Takkie Tax-veters, dra jou takkies en siedaar. Jy is reg vir Nasionale Takkie Tax-dag.

Nasionale Takkie Tax-dag is al vyf jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender en ons vier dit hierdie jaar op Vrydag, 26 Mei.

Die veldtog gee jou die keuse om met jou voete te wys watter verdienstelike saak jou na aan die hart lê. Kies jou plakker, tooi jou takkies op met ‘n paar prettige Takkie Tax-veters, dra jou takkies en siedaar. Jy is reg vir Nasionale Takkie Tax-dag.

Snotkop saam met Germa Hattingh. Foto ingestuur.

Die projek is in 2013 begin, toe van die land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. Die veldtog word hierdie jaar onderskryf deur 12 Nasionale-welsynsorganisasies wat altesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig.

• Epilepsie SA

• Kindersorg SA

• SOS Children’s Villages

• CHOC (Childhood Cancer Foundation)

• Special Olympics SA

• KANSA

• Imisebeyelanga Services

• Meals on Wheels

• VVA

• NG Welsyn

• SAVF

• Endurocad

Annelise de Jager, stigter en beskermvrou van die projek sê, “Takkie Tax het reeds R22,1 miljoen ingesamel sedert die ontstaan daarvan en die verskil wat dit op grondvlak in ons land gemaak het is ‘n riem onder die hart. Onder al die lawwighede en verspotte skoenverters is daar ‘n baie ernstige saak.”

• Princess Alice Adoption Home

“Takkie Tax se geld gaan gebruik word om melk en kos vir 30 babas te koop.”

• Kwathando Care Centre

“Ons het ‘n tafeltennis-stel gekoop vir ons kinders met outisme.”

• Merewent Cheshire Home

“Takkie Tax se bydrae het gehelp dat ons toiletware vir ons gestremde inwoners kon koop.”

• Vrystaat Versorging in Aksie

“Takkie Tax se geld het gehelp om ons voedingskema by die skool aan die gang te hou”

Daar is geen verskoning om nie deel te neem hierdie jaar nie. Die Plakkers (R10 elk) en veters (R35 elk) is beskikbaar by alle ToysRUs/BabiesRUs en Clicks winkels. Daar is meer as 270 plaaslike welsynsorganisasies wat dit verkoop en saam is hulle van plan om die hele Suid-Afrika deel van die projek te maak. Bestellings kan ook gedoen word op die Takkie Tax webblad www.tekkietax.org.za.

So, daar is geen verskoning nie. Sit ‘n hop in jou skop en dra jou Takkies op Nasionale Takkie Tax-dag – Vrydag, 26 Mei 2017. Alles ten bate van weerlose mense en diere.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button