NewsSchools

Rammies sorg vir dié naaste aan hulle

Duisende niebederfbare produkte en 391 komberse is ingesamel vir Ram se voedingleerders.

Laerskool Randfontein (Ram) se leiers het onlangs ‘n liefdadigheidsprojek gereël. Dié keer is dit ten bate van minderbevoorregte leerders in hul skool. Izelle Coetzee was in beheer van die leierliefdadigheidsprojek.

Die omgeeprojek het van Woensdag, 22 Maart tot Vrydag, 24 Maart geduur. Elke leerder is gevra om niebederfbare produkte skool toe te bring sodat hulle gewone klere kon aantrek.

As hulle een niebederfbare produk skool toe gebring het, kon hulle die eerste dag ‘n vreemde das dra, die tweede dag ‘n snaakse hoed en die derde dag gewone klere.

Die leerders wat ‘n kombers vir die projek geskenk het, kon die Vrydag boonop 12 uur huis toe gaan. Hulle het ook ‘n omgee-aansteekspeldjie gekry.

Dié wat vergeet het, se ouers het vinnig winkel toe gery om ‘n kombers te koop sodat hulle hul kinders vroeg by die skool kon oplaai.

Annie Nolan, Ram-woordvoerder het gesê die projek was besonder suksesvol. Hulle het duisende niebederfbare produkte en 391 komberse vir hulle 150 voedingleerders ingesamel. “Dankie vir almal se oop hande en liefdevolle harte,” het Annie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button