Opinion

Toekies het verkleur

Talle rassegroepe en godsdienste woon hier vreedsaam met mekaar saam ...

• Desmond Dickson skryf:

Vele verafsku die begrip en verwysing na ‘hulle’ en ‘ons’ wat algemeen in gesprekke rakende Mohlakeng en Toekomsrus voorkom.

Daar bestaan ‘n onvermydelike verbintenis tussen die twee gemeenskappe wat betref families, kerke en skole, begrafnisbyeenkomste en die sosiale samelewing.

Weens integrasie en grensverydeling deel hulle deesdae ook dieselfde openbare fasiliteite naamlik begraafplase, sportgronde, biblioteke en ander gemeenskapsdienste.

Wat ‘hulle’ s’n is ‘ons’ s’n en vice versa. My kleinkind Shannon Dickson en sy vrou Lebo (in 7de Laan, oorspronklik: Venusstraat) is met hulle kinders oorspronklik van ‘Verries’. Weens hulle gemengde taalgebruik en gekleurde voorkoms was dit moeilik om hulle kinders by ‘n gepaste skool hier plaaslik in te skryf. Shannon en die aangehoude verdagte, Ray Leslie is kleinkinders van my ontslape grootbroer Ernest April Dickson, die grapjas.

Toekies het verkleur. Talle rassegroepe en godsdienste woon hier vreedsaam met mekaar saam … groeperinge soos die blankes, Moslems, Hindus, Pakistani’s en selfs die Sionistiese kerke wat met hul blaasorkeste en bataljonne ons op Sondae-oggende aanhits tot kerkbywoning. Onder hulle tel noodsaaklike diensverskaffers soos die groente- en bandehandelaars, uitlaatstelselherstellers en skoenmakers; op straat en tog binne ons bereik.

Ek kan u selfs voorstel aan die wettig geregistreerde Tolla van der Merwe, ‘n familiekennis en verbintenis. Sy naam het al vele verleenthede in die blanke gemeenskap veroorsaak.

So? Wie is ‘hulle’ en wie is ‘ons’?

Related Articles

Back to top button