NewsSchool sportSchoolsSport

Jannas-atlete blink uit by Potch-interhoër

Jannas het aan die jaarlikse Interhoëratletiekbyeenkoms in Potchefstroom deelgeneem en 44 medaljes huis toe gebring.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) het verlede maand aan die jaarlikse Interhoëratletiekbyeenkoms deelgeneem, waartydens die skool ‘n algehele derde plek behaal het.

Die byeenkoms het in die Kenneth McArthur Stadion in Potchefstroom plaasgevind.

Hulle het meegeding met onder andere DF Malan, Bastion, Roodepoort, Potchefstroom en Schoonspruit. Die Randfonteiners het 44 medaljes ingeryg waarvan 10 goud, 19 silwer en 15 brons was.

Een van die skool se leerders, Arno Janse van Vuuren, is ook aangewys as die beste junior veldatleet van die dag en het ‘n trofee ontvang.

Die Jannas-atlete het nie net gegaan om deel te neem nie, hulle het gegaan om rekords te verbeter en twee van hulle bekende atlete het dit reggekry.

Jannas-rekords wat verbeter is:

• Luhallan van der Berg (seuns o.19 hoogspring) het die hoogte van 1,92m tot 2m verbeter

• Angelique van Niekerk (dogters o.16 verspring) het die afstand van 5,04m tot 5,23m verbeter

“Jannas is baie trots op elke leerder wat dié seisoen sy of haar beste gegee het op die atletiekveld,” het Tamaryn Smith, Jannas-woordvoerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button