Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeck looi HTS Carel de Wet op sportveld

Hoërskool Riebeeckrand was weer aan die brand in hul tweede vriendskaplike sportdag, dié keer teen HTS Carel de Wet.

Sportspanne van Hoërskool Riebeeckrand was weer aan die brand tydens hul tweede vriendskaplike sportdag op Dinsdag, 28 Februarie, dié keer teen HTS Carel de Wet van Vanderbijlpark.

‘n Netbaldogter in aksie vir Riebeeckrand. Foto ingestuur.

Die plaaslike skool het veral in rugby en netbal die botoon gevoer. Op die rugbyveld spog Riebeeck met vier oorwinnings en een gelykopuitslag, maar dit was op die netbalbaan waar hul amok gemaak het toe al nege hul dogterspanne aan die wenkant was. Die volledige uitslae is hieronder.

‘n Hokkiedogter in aksie vir Riebeeckrand. Foto ingestuur.

Volgens Elzeri Wright, skoolwoordvoerder is daar ‘n groot verbetering in die uitslae in vergelyking met dié van verlede jaar.

Nog ‘n drie vir Riebeeckrand. Foto ingestuur.

“Ons sportspanne is hard aan die oefen en slaggereed vir die nuwe seisoen en die PUK-reeks wat vandag (Saterdag, 4 Maart) begin. Ons is sowaar baie trots op al ons spanne.”

Die plaaslike skool was veral in rugby en netbal dominerend.

Uitslae teen HTS Carel de Wet:

Rugby:

• o.14’s wen 37–7

• o.15’s wen 47–5

• o.16’s speel gelykop 7-elk

• Tweedespan wen 5–0

• Eerstespan wen 64–10

Hokkie:

• o.14 (dogters) wen 5-1

• o.15 (dogters) verloor 6-0

• o.16 (dogters) speel gelykop 1-elk

• Tweedespan (dogters) wen 3-0

• Eerstespan (dogters) wen 3-0

• Eerstespan (seuns) wen 2-1

Netbal

• o.14A wen 31–2

• o.14B wen 13–2

• o.15A wen 20–4

• o.15B wen 12–5

• o.16A wen 20–4

• o.16B wen 7–6

• o.17A wen 19–0

• Tweedespan wen 28–2

• Eerstespan wen 47–8

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button