Skyline Intercity Challenge-wedren slaan die asems weg
Die organiseerders van die lank verwagte wedren was baie opgewonde toe hulle sien dat die baan ten spyte van die reën vroeër die middag reg was vir wedrenaksie.
Op Saterdagaand, 25 Februarie, het die Randfontein Ovaalrenbaan hul spog Skyline Intercity Challenge gehou.
Die organiseerders van die lank verwagte wedren was baie opgewonde toe hulle sien dat die baan ten spyte van die reën vroeër die middag reg was vir wedrenaksie.
Die deelnemers aan die Skyline Intercity Challenge het die toeskouers glad nie teleurgestel nie en die bietjie modder wat hier en daar gespat het, het niemand gepla nie. Die Herald was skoon verbaas dat kinders van so jonk as 12 jaar aan die wedren deelgeneem het.
Voor die wedren het sommige toeskouers ‘n vuurtjie aangesteek en gesellig gekuier. Nie lank daarna nie het die enjins begin brul en het verskeie renvoertuie, soos die Super Go-Karts, Hot Rods, 2100cc, 1660cc, Skylines, Flexis en ook 2 x Stroke Quads en 4 x Stroke Quads het die baan aangedurf.
Daar was ook ander kategorieë soos die Midgets en Ninjas. Aksie was beslis aan die orde van die dag en van klein tot oud, mans en vroue het die wedrenne terdeë geniet.
‘n Mejuffrou Skyline Intercity Randfontein-kompetisie is ook gehou en in die senior afdeling het die pragtige Donné Grobler met die kroon weggestap. Haar eerste prinses was Natasha Bouwer en die tweede prinses was Simone Theart. Mejuffrou Skyline Intercity Randfontein Junior is Jolene Joubert, eerste prinses Cayla Potgieter en tweede prinses Zuryke Batt.
Deon Coetzee, eienaar van die Randfontein Ovaalrenbaan wat saam met sy vrou, Marié die organiseerders van die wedrenne daar is, het gesê dat almal dit baie geniet het. Andre Klein, organiseerder van die Skyline-wedrenne, het bygevoeg dat ten spyte van die reën vroeër die middag, dit ‘n reuse sukses was.
Die uitslae van die wedren is soos volg :
2 x Stroke Quads:
1ste – Justin Swanepoel
2de – Dean Hoffman
3de – Simoney Barkhuizen
Ninjas:
1ste – Martin Nel
2de – Mario Truter
3de – Daniel Todd
Midgets:
1ste – Tiaan Flynn
2de – Brandon van der Mescht
3de – Franco van der Walt
Super Go-Karts:
1ste – Robbie Robberts
2de – Hennie Strydom
Hot Rods:
1ste – Carlo van Zyl
2de – Keogan Maartens
3de – Louis Janse Van Rensburg
2100cc:
1ste – Gideon van Zyl
2de – Fanie Swanepoel
3de – Louis Janse van Rensburg
1660cc:
1ste – Shane Bromilow
2de – Lonika Maartens
3de – Brenden Brooks
Skylines:
1ste – Fanie van Vuuren
2de – Andre Klein
3de – Hannes Vermeulen
Flexi’s:
1ste – Ben Morgenrood
2de – Deon Coetzee
3de – Hein Lehmkuhl
4 x Stroke Quads:
1ste – Abel Visagie
Die volgende wedren by die Randfontein Ovaalrenbaan sal op 11 Maart plaasvind.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!