Donker prentjie vir Afrikaans geskets

'n Voormalige visekanselier van 'n universiteit voorspel dat Afrikaans as onderrigtaal by universiteite nog vir hoogstens agt jaar gebruik sal word.

• Die redakteur skryf:

Die taalkwessie in Suid-Afrika is soos om Engels in Frankryk te praat – ‘n sensitiewe saak.

Ek het my maand op ‘n lae noot afgesluit toe ek Dinsdag, 28 Februarie op die voorblad van ‘n bekende dagblad lees “die langste wat Afrikaans nog as onderrigtaal by universiteite sal bestaan is agt jaar”.

So voorspel ‘n voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU).

Hy het gesê dat NWU die meeste tyd oor het – tussen vyf tot agt jaar en dat die Universiteit van Stellenbosch nog minder oor het – slegs vier jaar. Hy glo dat die Universiteit van Pretoria asook die Universiteit van die Vrystaat slegs een of twee jaar nog Afrikaans as onderrigtaal gaan gebruik.

Veral by die Universiteit van die Vrystaat speel demografie glo ‘n groot rol aangesien meer as 60 persent van die studente Engelssprekend is.

Of dit gaan realiseer, is ‘n ope vraag.

Hoe voel jy daaroor? Epos ons jou opinie na randfonteinherald@caxton.co.za

Related Articles

Back to top button