Opinion

Dit gaan maar sleg hier met dienslewering

Dis asof politieke strukture en aangewese raadslede hulle van die gemeenskap onttrek het.

• Desmond Dickson skryf:

Vandalisme, swak vakmanskap en goedkoop arbeid het gelei tot die vertraging van die amptelike opening van die binnemuurse sportkompleks en swembad.

Volgens ‘n sekuriteitswag lek die baddens, is die teëls verwyder, toilettoebehore is beskadig en plek-plek staan strukture onvoltooid.

Die baddens voldoen ook nie aan voorgelegde standaarde en spesifikasies nie.

Volgens hom gaan dit ‘n geruime tyd neem om die gebreke te herstel. Dis asof politieke strukture en aangewese raadslede hulle van die gemeenskap onttrek het, en dienslewering is nou slegter daaraan toe as voorheen.

Mnr Miles Adams in Jakopregopstraat sê sy straat is nou onbegaanbaar weens slaggate en tot sy skok moes hy onlangs ontdek dat sy vrou se graf in die plaaslike begraafplaas toegegroei is van die gras.

Die begraafplaas is terloops uitgedien en gestorwe families lê nou in die hele Wes-Rand verstrooi: in Sterkfontein, hier plaaslik, Zenzele en Greenhills.

Dalk moet my kleinneef, Oliver Dickson die redenaar, hier ingespan word.

Geluk Ollie.

Related Articles

Back to top button