NewsSchools

Jannas reg vir die rugbyseisoen

Die skool het reeds proewe gehou om die eerstespan te identifiseer.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se ondersteuners kan ‘n opwindende 2017-rugbyseisoen verwag.

So het George Smith, hoofafrigter van die eerstespan gesê na afloop van die rugbyproewe wat op Saterdag, 14 Januarie gehou is.

Twee Jannas-eerstespanspelers van verlede jaar tydens 'n oefensessie. Foto: Roxy de Villiers
Twee Jannas-eerstespanspelers van verlede jaar tydens ‘n oefensessie. Foto: Roxy de Villiers

‘n Groot groep spelers is tans met ‘n intensiewe oefenprogram besig. Hulle oefen elke oggend van 5vm af en sweet al lank voor die son opkom. Dit is net die eerste sessie. Die tweede sessie vir die dag begin om 4nm waar daar gefokus word op vaardighede.

Volgens George werk al die spelers hard en gaan hy sukkel om ‘n span uit so ‘n sterk groep rugbyspelers te kies.

Die meeste van die spelers was lede van die Blou Masjien-span wat twee jaar gelede die Goue Leeus Liga en die Superreeks gewen het. Nou in hul matriekjaar is hulle vasbeslote om groter hoogtes te bereik.

Die span gaan ook in April in Namibië toer waar hulle aan Walvisbaai Privaat se Woestynfees gaan deelneem.

Jannas is definitief reg vir hierdie jaar se rugbykompetisie en sien daarna uit om teen ander spanne te speel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

 

Related Articles

Back to top button