NewsSchools

Jannas-matrieks skenk hul skoolklere

Jannas-matrieks van 2016 het op 'n besonderse manier gegroet deur hul skoolklere te skenk.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) se matrieks is amptelik klaar met skool.

Die skool se matrieks het hul laaste skooleksamen op Maandag, 28 November voltooi. Hulle het gegroet op ‘n besonderse manier deur hul skoolklere aan die skool se klerebank te skenk.

Deur die klerebank vol te maak, maak die klas van 2016 seker dat elke Janna-leerder, skoolklere kan kry ongeag hul omstandighede.

“Jannas se matrieks kan nie wag vir hul uitslae nie maar is in dieselfde asem baie hartseer dat hul tyd by dié WOW-skool tot ‘n einde gekom het,” sê Tamaryn Smith, skoolwoordvoerder.

“Ons gaan julle beslis verlang matrieks van 2016,” sê Smith.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button