School sportSport

Riebeeck het sy eie dogterskrieketspan

Vir die eerste keer het Hoƫrskool Riebeeckrand 'n dogterskrieketspan gehad.

HoĆ«rskool Riebeeckrand het vanjaar vir die eerste keer ā€˜n dogterskrieketspan gehad.

Riebeeckrand se krieketdogters het aan die Gauteng-Wes Liga deelgeneem en met Hoƫrskool Bastion en Hoƫrskool Monument kragte gemeet. Volgens die skool is die dogters passievol en gedrewe, en geniet hulle gate uit op die krieketveld.

Die span se kaptein is Marina Wray. Foto ingestuur.
Die span se kaptein is Marina Wray. Foto ingestuur.

DiĆ© spogkrieketspan bestaan uit Eztia Saunders, Marina Wray, Gertrue Jansen van Vuuren, Angelique Erasmus, Chantel van Deventer, Lee-Ona Pretorius, Elsje Vos, Elize Nkomo en Ambrosia Williams. Die span word deur Tamsyn Klein, ā€˜n buiteafrigter afgerig.

Riebeeckrand spog ook met agt van hul krieketdogters in die Gauteng-Wes-span. Hulle is baie opgewonde om hul skool in diƩ streekspan te verteenwoordig.

Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button