Kom ons help ‘n baba …

Ons by die Herald vra u om die projek op enige manier moontlik te steun.

Ons almal het ‘n sagte plekkie in ons harte en met Kersfees om die draai het ons by die Herald dit goedgedink om ‘n gemeenskapsprojek te begin deur uit te reik na organisasies in Randfontein wat na verwaarloosde babas omsien.

Stel jou voor ons almal sit lekker by die Kersboom met iets om te drink en ‘n bord vol kos terwyl ons kinders geskenke oopmaak, maar diep binne weet ons daar is iewers babas wat nie so bevoorreg is nie.

Hoekom nie iets klein skenk nie?

Babas is 150 persent afhanklik van hul ouers, maar ongelukkig kry babas nie die sorg wat hulle nodig het nie. Daarom vra ons by die Herald jou om die projek ‘Help ‘n baba’ of in Engels ‘Help a baby’ op enige manier moontlik te steun.

Die lys van wat babas nodig het, is natuurlik lank maar daar is sekere basiese behoeftes, soos frokkies, borslappies, doeke, boudsalf, ‘Wetwipes’, doeksak, omruilmatras, seep, sjampoe, borsel, watte, poeier, lyfroom, komberse en klere.

Organisasies wat na babas omsien en hulp broodnodig het, kan ons telefonies by 011 693 3671 of per epos randfonteinherald@caxton.co.za daarvan laat weet.

Skenkings kan by die Herald-kantoor afgelaai word, en sal in mid-Desember by die hulpbehoewende organisasie afgelaai word.

Kom ons help ‘n baba …

Related Articles

Back to top button