Local newsNewsUpdate
VIDEO: Leer ‘n Randfonteiner ken #5 – Laurese Kirsten
Ontmoet die vyfde persoon in die Herald se gewilde Leer 'n Randfonteiner Ken-veldtog.
Dié week leer ken Randfontein vir Laurese Kirsten, ook bekend as Muisie.
Laurese is 75 jaar oud en woon die afgelope vier jaar in Greenhills.
Sy was ‘n kunsonderwyseres vir kinders van alle ouderdomme. Sy bied tans graag kunsklasse vir oud en jonk in haar vrye tyd aan.
Laurese is ook ‘n lid van die Open Door Foundation. Sy lei as deeltydse dosent by Westcol College onderwyseresse uit informele nedersetting op om verdere kwalifikasies te verwerf.
Haar ander stokperdjies sluit in teken, skilder, gedigte skryf, juweliersware maak en brei.
Lees ook
Get to know a Teiner #4 – Thembelani Jojo