CrimeNews

EPR trek vermeende spoordief vas

Een van twee vermeende spoordiewe is deur EPR Sekuriteit vasgetrek nadat hulle betrap is terwyl hulle glo gesteel het.

Een van twee verdagtes is Sondag (9 Oktober) deur EPR gearresteer nadat hulle glo spoorstawe in Homelake gesteel het.

Terwyl hy in Freda-laan gepatrolleer het, het Steven van Niekerk van EPR Sekuriteit twee verdagtes gewaar wat besig was om ou spoorstawe langs die spoorlyn te steel.

Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR Sekuriteit aan die Wes-Rand het gesê, “Die verdagtes het die EPR-voertuig gesien en begin weghardloop van die toneel af in Railwaystraat”.

Hy het verder gesê dat Van Niekerk ‘n beskrywing van die verdagtes se klere oor die tweerigtingradio gegee het en om bystand gevra het.

Reaksieoffisiere Shaun McGee en Van Niekerk kon daarin slaag om een verdagte naby die Village Inkopiesentrum te arresteer. Die verdagte is toe aan die polisie oorhandig.

Lede van die Sektor 4 Gemeenskapspolisiëringsforum was ook op die toneel.

Also read:

Victim hunts down burglar

No escape for alleged burglar

National crime stats released

‘Gauteng police losing the war on crime’— DA

Burglar jailed for 21 years

Burglar caught on camera

Three suspects caught after attempted burglary

Related Articles

Back to top button