Local newsNews

VIDEO: Leer ‘n Randfonteiner ken

Eerste persoon in die Herald se 'Know a Randfonteiner-'/ 'Leer 'n Randfonteiner ken'-veldtog op video.

Ontmoet vir Louisa Pretorius, ook bekend as Ouma Louisa, of Magogo.

Sy is die eerste persoon wat gekies is vir die Herald se Know a Randfonteiner-/ Leer ‘n Randfonteiner ken-veldtog.

Ouma Louisa, opgewonde om haarself aan die gemeenskap voor te stel.
Ouma Louisa, opgewonde om haarself aan die gemeenskap voor te stel.

Ouma Louisa is 72 jaar oud en woon die afgelope 38 jaar in Helikonpark.

Sy was 10 jaar lank ‘n Fisiese en Lewenswetenskappe-onderwyser by Goudrand Hoërskool in Randfontein. Daarna het sy vir 13 jaar getrou gebly aan haar beroep by Randfontein High School (RHS). Dit is by dié skool se personeel en leerlinge waar sy haar bynaam Mogogo of Ouma Louisa gekry het.

Ouma Louisa het in 2007 afgetree en gee tans graag ekstra Fisiese en Lewenswetenskap-klasse vir hoërskoolleerlinge.

Ouma Louisa, opgewonde om haarself aan die gemeenskap voor te stel.
Ouma Louisa, opgewonde om haarself aan die gemeenskap voor te stel.

“Dit hou my besig en dit hou ook my brein aan die gang; dis stimulerend vir my en die leerlinge,” het sy gesê.

Haar stokperdjies sluit in klasgee, tuinmaak en lees. Sy het gesê ‘n televisie word selde in haar huis aangeskakel.

“Ek is baie gelukkig hier. Ek koop alles in Randfontein, ek sal nie sommer elders heen ry vir inkopies nie. Almal ken mekaar en is altyd vriendelik,” het sy opgewonde vertel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

 
Back to top button