Local newsNews

Onthou die land se geskiedenis

Almal is welkom by die MOTH Gedenkparade wat op 13 November sal plaasvind.

Op Sondag, 13 November sal daar landwyd gedenkdienste gehou word ter nagedagtenis aan duisende mense wat in die Eerste en Tweede Wêreldoorloë hul lewens verloor het.

Tye, omstandighede en gesindhede het verander. Vandag word daar anders gekyk na die twee wêreldoorloë en dié wat hul lewens verloor het om die land se vryheid en voortbestaan te verseker.

Gary Venton, paradekoördineerder het vertel al word daar nie altyd saamgestem oor lyding en oorloë nie, het mense gesterf ter wille van Suid-Afrika en ter wille van ‘n saak.

Gary Venton, 'n lid van die MOTH klub en Jimmy Pappas is trots op die land se geskiedenis.
Gary Venton, ‘n lid van die MOTH klub en Jimmy Pappas is trots op die land se geskiedenis.

“Ons as Suid-Afrikaners moet die geskiedenis onthou. Ons moet dié onthou wat gewillig was om hul lewens vir hul land prys te gee.

Ons moet dankie sê vir mense wie se naasteliefde en vaderlandsliefde groot genoeg was om selfs hul lewe op die spel te plaas, asook aan hul familie en vriende wat moes agterbly.”

Van elke geslag word daar verwag om die geskiedenis en dié wat dit help maak het, te onthou.

Die MOTH (Memorable Order of the Tin Hats) Gedenkparade sal op Sondag, 13 November by die Caprivi Bomgat Senotaaf Randfontein om 10.30vm vir 11vm plaasvind . Almal is welkom.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button