![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2016/09/P1290225_27388.jpg)
HoĆ«rskool Riebeeckrand het Donderdag, 29 September hul jaarlikse Art DāEco Kunsuitstalling gehou en beslis toekomstige Pablo Picassos en Vincent van Goghs in hul midde.
Elke graad het verskillende temas ontvang vir elke kwartaal waar elke leerling hul eie interpretasies moes maak.
Jason de Jager, matriekleerling het gespog met verskeie kunswerke waarvan āuntitledā en ā67ā afsonderlike temas was. In ān poging om verskillende dimensies aan hul kunswerke te voeg, het alle matriekleerlinge die opdrag ontvang om iets buitengewoon uit ān alledaagse houtstoel te omskep. Jason het sy stoel in ān āSee no evil, hear no evil and speak no evilā-uitbeelding omskep wat talle koppe laat draai het.
Mishke Hagymassy, ‘n Graad 11-leerling het ān pragtige uitbeelding geskep van ān nimmereindigende liefdesverhaal met olieverf as medium met āmultitaskingā as tema.
āDie ou man, wat ān spesifieke persoon verteenwoordig, gee al sy liefde vir die een persoon wat vir hom die meeste beteken, sy vrou. Hy gee al sy diepste ākleurā en seer vir sy vrou omdat hy weet sy sal dit aanvaar sonder oordeel.
āOuer mense inspireer my, hulle het soveel meer kennis en wysheid as enige van ons jong mense,ā het Mishke graag vertel.
Dit is egter net ān paar interpretasies wat gepaard gaan met diĆ© uitmuntende uitstalling. Die skool het dus besonderse talent wat skrik vir niks.
Het jy dalk meer inligting rakende diĆ© storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.zaĀ (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistesĀ Roodepoort Record,Ā Krugersdorp NewsĀ enĀ Get It Joburg WestĀ Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!