Local newsNews

EPR en publiek sit voet in hoek op Erfenisdag

Daar was fees gevier dat die stof staan tydens EPR se Familie Braaidag en Musiekfees op Erfenisdag.

EPR Sekuriteit het Erfenisdag op Saterdag, 24 September behoorlik gevier.

Dit toe die sekuriteitsmaatskappy ‘n 4×4 Familie Braaidag asook Musiekfees vir die publiek op Droogeheuwel Plaas aangebied het.

EPR Sekuriteit het vir ‘n tweede maal só ‘n dag aangebied ten bate van NHK Sionspoort.

Die dag word beskou as ‘n reuse sukses aangesien daar ‘n totaal van 45 aan die 4×4-kompetisie deelgeneem het.

Dié baan het bestaan uit tien hindernisse met drie opsies by elkeen; die ‘muis’, ‘man’ of ‘extreme’. Tydens die kompetisie was daar voet in hoek gesit, gerem en gebrom om van die yslike duine te klim.

Johan Krogh, algemene bestuurder van EPR Sekuriteit meen dit gaan alles oor tegniek.

“Die 4×4 sport is defnitief besig om te groei. Ons het sommer gou ‘n groot tekort aan so ‘n sport in Randfontein ontdek. Ons is bevoorreg om so ‘n platform aan alle 4×4-liefhebbers te kan bied,” het Johan gesê.

Die wenners van die 4×4-kompetisie is as volg:

• Muisroete – Basil Bosch

• Manroete – Jaco Groenewald

• Extreme roete – Yssel Mulder

Ander aktiwiteite het stalletjies, kos en musiekoptredes deur Rohan ingesluit.

“Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank wat bygedra het tot die dag se sukses,” het Johan ten slotte gesê.

Related Articles

Back to top button