Opinion

Teetyd vir die buurman

Humor is af en toe belangrik.

Dit het regtig gebeur.

Ek sal liewers nie sê in watter dorp of woongebied nie, tog is humor so af en toe belangrik.

Die twee manne is al lank goeie bure. Buurman A het sy motor opgelig en werskaf vir ‘n vale onder die motor, besig om iets te herstel of te verstel. Buurman B staan oor die draadheining en kyk en gesels. Buurman A sê, “Ekskuus, ek gaan gou ‘n moersleutel agter in die garage soek en ook water afslaan”. So spring buurman B oor die heining en skuif onder die motor in, menende om te help. Net die twee bene steek uit.

Buurvrou A kom met ‘n skinkbord met tee en koekies aangestap, buk vooroor, vat op ‘n strategiese plek, skud effe en sê “kliengelieng dis teetyd”.

Buurman B het sy kop stukkend gestamp teen die motor se onderkant.

Related Articles

Back to top button