Local newsNews

Fonds gestig na karwag se skielike dood

Hulp van gemeenskap gevra vir karwag se ouers na haar skielike dood.

Jacques Loubser, ‘n barmhartige gemeenskapslid, vra dat die gemeenskap die fonds – Erika Steyn Beweging – ondersteun.

Erika, ‘n gereelde karwag by die Village Square-inkopiesentrum is in Augustus oorlede nadat sy skielik siek geword het.

Jacques het toe besluit om ‘n fonds in haar naam te stig waarvan ‘n gedeelte gebruik sal word om weerkaatsbaadjies vir karwagte in die dorp te koop. Die res sal gebruik word om Erika se ouers te help aangesien sy die gesin se broodwinner was. Albei haar ouers is bejaard asook medies ongeskik, en het tans geen inkomste nie.

Jacques Loubser is positief oor die Erika Steyn Beweging. Foto: Bianca Pindral.
Jacques Loubser is positief oor die Erika Steyn Beweging. Foto: Bianca Pindral.

Jacques het gesê dat hy tot dusver ‘n mate van reaksie van liefdadigheidsorganisasies ontvang het, en graag vir His Place Gemeente en Sanna Holl van Suzaans Supplies wil bedank vir hul hulp en donasies.

“Elke persoon het ‘n storie. Jy loop elke dag in die dorp by die karwagte verby en jy besef nie eers hoe baie jou R5 vir hulle beteken nie,” het Jacques vertel.

Indien jy ‘n bydrae wil lewer, stuur gerus vir Jacques ‘n epos na jloubser380@gmail.com.

Lees ook:

Security guard robbed at car dealership

Security guard corners car thief

 

Related Articles

Back to top button