NewsSchools

Al 65 jaar in beheer van Rappies se finansies

Ouderdom is net ‘n getal vir Hannetjie wat op 83 al 65 jaar by Rappies betrokke is.

Hannetjie Liversage, 83, lewer al vir die afgelope 65 jaar ononderbroke diens aan Laerskool Rapportryer.

Sy laat haar nie deur ouderdom of enige ander hindernisse onderkry nie.

Hannetjie is sedert 1951 toe sy net 18 was, in beheer van Rappies se finansies. Al het sy intussen drie kinders gehad, het sy nooit eers daaraan gedink om een dag se verlof te neem nie.

Hannetjie Liversage sien vir alles kans.
Hannetjie Liversage sien vir alles kans.

Sy het vertel dat elkeen van haar kinders toevallig gedurende skoolvakansies gebore is, daarom was dit nooit vir haar nodig om kraamverlof te neem nie.

Elkeen van haar babas is elke dag saam met haar skool toe, waar sy na hulle omgesien het totdat hulle oud genoeg was om kleuterskool toe te gaan. Daar is selfs ‘n babakamer vir haar gebruik by die skool ingerig.

Al was Hannetjie veronderstel om op 65-jarige ouderdom af te tree, was sy meer as gewillig toe die hoof, mnr C Stoop haar gevra het om aan te bly.

Hannetjie Liversage sien vir alles kans.
Hannetjie Liversage sien vir alles kans.

“Die skool, die personeel en die leerlinge het so ‘n deel van my lewe geword. Ek is baie gelukkig waar ek is en ek sal dit enige dag weer kies,” het ‘n tevrede Hannetjie vertel.

Op 1 September het Rappies haar bedank vir presies 65 jaar se getroue en harde werk. Sy is ook bedank vir 65 jaar se netheid en voorbeeldigheid.

Intussen hou sy haarself besig deur haar kleinkinders by hul buitemuurse en naskoolse aktiwiteite op en af te laai.

“Die geheim is eenvoudig; bly net besig,” het Hannetjie gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button