NewsSchools

Jannas gee om vir ander

Skool: 'n Groot dankie aan die VRL-topbestuur.

Leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen gee duidelik om vir ander.

Hulle het gedurende hul Omgeeweek van Dinsdag 2 tot Vrydag 5 Augustus kos en geld vir minderbevoorregtes ingesamel.

Omgeeweek is ‘n jaarlikse instelling by Jannas en soos vorige jare was dit ‘n groot sukses.

In daardie week het Jannas-leerlinge vreemde kouse en hoede gedra, en volgens skoolwoordvoerder Tamaryn Smith het hulle vet pret gehad met hul vreemde klere.

Om die week af te sluit het Jannas saam met die res van die land Pantoffeldag gevier. Elke leerling moes R10 tot Jannas se voedingskema bydra vir die voorreg om in hul pantoffels skool toe te gaan.

“‘n Groot dankie aan die VRL-topbestuur vir hul harde werk met betrekking tot die versorging van ons minderbevoorregtes,” het Tamaryn gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button