Local newsNews

Karwag sterf aan diens

Gemeenskapslid beoog om weerkaatsbaadjies vir alle karwagte in dorp aan te koop, maar het hulp daarmee nodig.

Ons loop elke dag verby hulle, maar ons ken hulle nie. Wanneer hulle weg is, kom jy die leemte agter, maar jy moet aanbeweeg.

So beskryf Jacques Loubser, ‘n barmhartige gemeenskapslid, die leemte na die dood van Erika Steyn, 46, wat gereeld by Village Square-inkopiesentrum karre opgepas het.

Steyn het glo verlede Donderdag (11 Augustus) aan diens siek geword en is kliniek toe geneem. Sy is later daardie dag per ambulans na ‘n staatshospitaal geneem waar sy drie later (Sondag, 14 Augustus) glo weens asemhalingsprobleme gesterf het.

Die Herald is ingelig dat Steyn die broodwinner vir haar bejaarde ouers was. Hulle het nou na haar dood geen inkomste nie.

Loubser het besluit om ‘n fonds in haar naam te stig. Dit word die Erika Steyn Beweging genoem. Volgens hom sal ‘n gedeelte van die fondse gebruik word om weerkaatsbaadjies vir karwagte in die dorp aan te koop. Die ander gedeelte van die fondse sal gebruik word om vir Steyn se ouers kos te koop.

“Elke persoon het ‘n storie,” het Loubser gesê.

“Jy loop elke dag in die dorp by hulle verby en jy besef nie eers hoe baie jou R5 vir hulle beteken nie. Wanneer jy hul stories leer ken, gaan jou hart oop en al wat jy kan doen is omgee.”

Loubser het vertel hy het Steyn jare lank in die kerk gesien en haar gegroet toe sy ‘n karwag was, maar toe hy haar eers persoonlik leer ken het, het hy besef hoe pligsgetrou, lojaal en vriendelik sy werklik was.

Vir meer inligtinge of om tot die fonds by te dra, stuur ‘n epos aan Jacques Loubser by jloubser380@gmail.com

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook:

Security gaurd robbed at car dealership

Security gaurd corners car thief

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button